Archive for the 'Afrikaans' Category
Omtrent Ons
Oor die laaste twintig jaar het menigte Wes-Australiers ons genader vir hulp en advies met hul belasting, rekeningkundige en besigheidsake.
Prouse Family Accountants spesialiseer daarin om families en klein besighede by te staan deur die voorsiening van belasting, besigheid, belegging, finansiering, versekering, immigrasie en pensioen dienste.
Ons is ‘n familie gebaseerde besigheid. Professionele kennis, ondervinding en duidelike kommunikasie met ons kliente is die sleutel tot ons suksesvolle besigheidsverhoudings. Ons kan met kliente in Afrikaans praat met verduidelikings en beantwoording van vrae in eenvoudige taal met maksimum detail. Ons beantwoord foonoproepe en e-pos vinnig en ons doen ons bes om diens te lewer teen ‘n redelike fooi.
Ons kliente vind ons gemaklik en ontspanne, want ons verstaan hul behoeftes.



